Musiek Video’s

Riaan is dinamies, vol energie, positief en gryp elke geleentheid aan. Die wyse waarmee Riaan mense se lewens aanraak, maak hom gewild en geliefd. Hy is ‘n kunstenaar wat vroeg reeds diep spore getrap het en hy is verseker hier om te bly!

‘n Dag sonder jou

Riaan Grobler & Jomari

Geniet die musievideo van Riaan Grobler & Jomari se enkelsnit, ‘n Dag Sonder Jou

Luister die enkelsnit op die platform van jou keuse en voeg dit op jou speellys – https://vyd.co/Ndagsonderjou

Toe val ek weer

Riaan Grobler & Jomari

Geniet die musievideo van Riaan Grobler & Jomari se enkelsnit, Toe Val Ek Weer

Luister die enkelsnit op die platform van jou keuse en voeg dit op jou speellys –

Liedjieskrywer/Publiseerder:
Nikolaus Presnik
Sony Music / Ariola

Moskonfyt

Riaan Grobler & Jomari

Geniet Riaan Grobler & Jomari se video van “Moskonfyt “. Skrywer / Publiseerder: / Vonk Uitgewers CC
Regisseur: Arno Venter
Kamera : Arno Venter
Vervaardigers: Vonk Musiek
Redigeerder: Arno Venter
Kleur Redigeerder: Arno Venter
Konsep: Arno Venter
Platemaatskappy: Vonk Musiek
Produksiebestuurders: Arno Venter Liedjie vervaardig en opgeneem deur: Werner Beukes

Somewhere between

Riaan Grobler & Jomari

Geniet die musievideo van Riaan Grobler & Jomari se enkelsnit, Somewhere Between Luister die enkelsnit op die platform van jou keuse en voeg dit op jou speellys –

Liedjieskrywer/Publiseerder: Gene Simmons / Vini Poncia // Sony/ATV Music Publishing LLC / Universal Music Publishing Group
Liedjie vervaardig en opgeneem deur: Werner Beukes
Regisseur: Christiaan Van Zyl
Kameras : Christiaan Van Zyl
Vervaardigers: Vonk Musiek
Redigeerder: Christiaan Van Zyl
Platemaatskappy: Vonk Musiek

Vat 5

(Helpende hande)

Soms het ‘n mens net daardie helpende hand nodig. Daardie ekstra hulp om ‘n doel te bereik of net ‘n medemens wat jou bystaan in ‘n moeilike tyd. Vat 5 is spesiaal deur Rudi Claase geskryf omdat Riaan baie graag betrokke wou raak by Solidariteit Helpende Hand op ‘n unieke manier. Al die inkomste wat die lied maak word netso aan Solidariteit Helpende Hand geskenk om te help met hulle projekte om mense se lewens te verander en te verbeter. So, Vat 5!

En dan dans ons

‘En Dan Dans Ons’ is ’n vuurwarm popsnit waarin Riaan nie afwyk van sy unieke styl nie. Dit is ’n snit wat die bene aan die beweeg gaan kry en waar jy beslis nie gaan stil sit nie. Production House Name LB Videography || www.lbvideography.co.za

Vat hom vas

Luister na ‘Vat Hom Vas’ hier: Music video by Riaan Grobler performing Vat Hom Vas. © 2021 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/TdUNFS

Alfa en Omega

Luister na ‘Alfa en Omega’ hier: https://riaangrobler.lnk.to/Liefdesha…

Music video by Riaan Grobler performing Alfa En Omega (Lyric Video). © 2020 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/Y7yCLX

Liefdeshartaanval

Riaan Grobler, Jennifer Zamudio

Luister na ‘Liefdeshartaanval’ hier: https://RiaanGrobler.lnk.to/Liefdesha…
Music video by Riaan Grobler, Jennifer Zamudio performing Liefdeshartaanval. © 2020 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/pmqZcq

Die Boek

‘Alles’ is Riaan se sesde album, sedert die uitreiking van sy eerste album in 2006. Riaan raak ongelooflik emosioneel, dog opgewonde, as hy vertel oor die eerste enkelsnit, ‘Die Boek’, juis omdat die gewilde liedjieskrywer, Rudi Claase, dit spesiaal vir hom geskryf het met die doel om deur ‘n moeilike tyd te kom.

In 2016 het Riaan persoonlik deur die grootste krisis van sy lewe gegaan toe sy ma in die vroeë oggendure van 26 April in ‘n hospitaal te Pretoria sterf. Twee weke tevore het Rudi die liedjie vir Riaan en sy ma geskryf, nadat Riaan op Facebook sy hartseer en bekommernis oor sy ma se siekte gedeel het. Alhoewel dit ‘n baie dieper betekenis vir Riaan het, is dit ook een van die mooiste liefdesliedjies, waar iemand ‘n geliefde verloor het en nie daardie boek kan toemaak nie. Net soos vir Riaan, hoop hy dat hierdié snit ook vertroosting en hoop vir ander kan bring.

Mi Amore

Riaan Grobler en Rinel Day

Roer die grense Dit is nie elke sanger wat as relatiewe nuwe stem op die toneel verskyn, en dan met ‘n Ghoema benoeming kan spog nie. Rinel Day is slegs met haar derde jaar op die Suid-Afrikaanse sangtoneel doenig, maar spog met ‘n benoeming in die afdeling Beste kontemporêre album deur ‘n vroulike kunstenaar. Dié Jonge dame is nie bang om haar vokale uit te daag nie.

Was dit dalk te laat

Vanaf Riaan Grobler se ‘Net hier by my’ album

Die Hemel gooi sy sterre

Riaan Grobler het reeds drie albums uitgereik, maar hy meen dié een bied hom die eerste keer regtig die geleentheid om sy eie klank te vestig. Die stemdiva Sarah Theron het die Afrikaanse lirieke geskryf vir drie van die Euro-verwante liedjies: Rêrig êrig, Die Hemel gooi sy sterre en In Hollywood.

Rerig erig Kompetisie